Seine weer te vuil vir Olimpiese swem
Olimpiese Spele: Die organiseerders in Parys het vandag se swemoefensessie vir die driekamp se gemengde aflos afgelas nadat onlangse swaar reën die watergehalte van die Seinerivier laat versleg het. Die besluit is laat gister geneem nadat toetse getoon het die watergehalte voldoen nie aan die vereistes nie, na die reën op 31 Julie en 1 Augustus. Die gemengde aflos is vir môre geskeduleer. Besoedeling in die Seine na swaar reën het ook die mansitem vir ‘n dag lank uitgestel, nadat die swemoefensessies twee agtereenvolgende dae afgelas is.