Trump verloor poging om verkiesinginmengingsaak te laat uitgooi
Die regter wat toesig hou oor Donald Trump se 2020-verkiesinginmengingsaak het ‘n poging om dit uit te gooi van die hand gewys. Distriksregter Tanya Chutkan sê Trump se regspan het “geen betekenisvolle bewyse” verskaf dat die voormalige president vervolg is vir “wraaksugtige en politieke doeleindes” nie. Trump is daarvan beskuldig dat hy ‘n wydverspreide poging aangevoer het om die uitslag van die presidensiële verkiesing wat hy teen Joe Biden verloor het, omver te werp. Hy het dit ontken en het voorheen beweer die Biden-administrasie sit agter die vervolging.