Trump stem in tot debat met Harris

Donald Trump het ingestem tot ‘n debat met Kamala Harris. Hy het vroeër gesê hy sal nie ‘n debat voer met die huidige visepresident nie omdat sy nie die amptelike kandidaat is nie. Sy het egter nou genoeg stemme van Demokratiese afgevaardigdes gekry om haar party se amptelike kandidaat te wees, hoewel die aanlynstemproses eers Maandag eindig. Niks is nog gefinaliseer nie, maar die debat sal glo op 4 September aangebied word deur Fox News op ‘n plek waaroor nog besluit moet word. Bret Baier en Martha MacCallum sal die moderators wees.