SA naelloopkonings almal deur na 100m halfeindstryd
Olimpiese Spele: Suid-Afrika se naelloopkonings Akani Simbine, Shawn Maswanganyi en Benjamin Richardson is almal deur na die 100-meter halfeindstryd. Simbine het die sesde uitdun gewen in 10,03-sekondes, terwyl Maswanganyi derde was in die derde uitdun met ‘n tyd van 10,06. Richardson het vierde geëindig in die vyfde uitdun, maar sy tyd van 10,06 was die vinnigste van al die atlete wat nie ‘n plek oopgehardloop het nie, en hy kwalifiseer dus ook vir die halfeindstryd. Die wedren vind vanaand 5 oor 8 plaas, met die eindstryd om 10 voor 10.