Cyril vry steeds hard na China

President Cyril Ramaphosa het sy steun herbevestig vir die versterking van betrekkinge met China onder die nuwe regering van nasionale eenheid. China het Suid-Afrika se grootste vennoot geword op ekonomiese en politieke front. Tydens ‘n vergadering met ‘n hoëvlakafvaardiging van die Kommunistiese Party van China in Kaapstad het ‘n beampte van die party Liu Jianchao vertroue uitgespreek in die regering van nasionale eenheid, en China se planne uiteengesit vir modernisering in Afrika. Liu beklemtoon die vennootskap sal tot beide lande se voordeel wees en loof Ramaphosa se toewyding aan die versterking van bilaterale bande.