Oekraïne kelder Russiese duikboot voor hommeltuigaanvalle
Die weermag van Oekraïne beweer ‘n Russiese duikboot is in die Krim gekelder. Die Ministerie van Verdediging in Kiëf sê die duikboot is gekelder in die Russies-beheerde Sevastopol, die grootste stad in die Krim. Ure later het Oekraïne ‘n vlaag hommeltuigaanvalle afgevuur. Rusland se Ministerie van Verdediging sê 75 Oekraïnse hommeltuie is onderskep en verwoes. Die hommeltuigaanvalle is die jongste gebruik van wapens teen teikens in Rusland. Oekraïne is in Junie deels toestemming gegee deur die Weste om wapens oor die grens heen te gebruik.