Brandberg Backyard Ultra is aan die brand!
Die derde Brandberg Backyard Ultra, met RMB Namibia as hoofborg, is sterk aan die gang op Uis. Deelnemers aan die laaste-mens-staande uithou-resies hardloop ‘n 6,7km sirkelroete oor en oor tot letterlik net een oorbly. Die top-agt deelnemers kwalifiseer outomaties vir die 15-persoonspan wat in die Backyard Ultra Wêreldkampioenskap vir Namibië sal deelneem in Oktober op Swakopmund. Kosmos 94.1 se Yanna Smith het gesels met die 52-jarige Andre Ross, wat verlede jaar 18 sirkelroetes voltooi het, en die jaar voor dit 20. Ross is tans besig met sy sy sesde sirkelroete van die dag. Hy verduidelik wat dit vat om deel te neem.
Hy het ook raad vir mense wat wil begin om aan marathons deel te neem.