Justin Timberlake se bestuurslisensie herroep
Justin Timberlake se bestuurlisensie is herroep nadat hy virtueel in ‘n verhoor in New York verskyn het oor dronkbestuur. Die 43-jarige sanger toer tans deur Europa en het op ‘n video-verbinding uit België verskyn. Hy het onskuldig gepleit op bestuur onder die invloed. Timberlake is vroeg die oggend van 18 Junie in hegtenis geneem nadat die polisie gesê het hy het nie by ‘n stopteken stilgehou nie en kon nie in sy laan bly terwyl hy bestuur het nie. Volgens hofdokumente het hy swak gevaar in al die standaard soberheidstoetse. Timberlake ontken al die aantygings heftig.