91% van kwalifiserende kiesers registreer

Die Namibiese Verkiesingskommissie sê 91 persent van kwalifiserende Namibiërs het geregistreer tydens die algemene registrasie van kiesers. Dit beteken 1 467 604 kiesers is geregistreer in die proses wat op 1 Augustus geëindig het. Gedurende die laaste vier dae van die registrasietydperk, vanaf 29 Julie tot 1 Augustus, is altesaam 152 472 stemgeregtigde kiesers geregistreer. Dit verteenwoordig ‘n gemiddeld van 38 002 geregistreerde kiesers per dag, wat die hoogste was in die algehele registrasie-tydperk.