Djokovic, Alcaraz sal veg vir goue medalje

Olimpiese Spele: Die 24-malige Grand Slam-wenner Novak Djokovic kom môre in die wedstryd om die mansenkelspeltitel te staan teen Carlos Alcaraz. Die kragmeting is ‘n herhaling van die afgelope twee Wimbledon-eindstryde, wat Alcaraz gewen het. Djokovic is 37, wat hom die ouste man maak wat in ‘n Somerspele-tenniseindstryd speel. Op 21 is Alcaraz weer die jongste. Die stryd om die mansenkelspel-bronsmedalje vind vandag plaas tussen Lorenzo Musetti van Italië en die Kanadees Félix Auger-Aliassime.