Handelstatistiek: Niks verander nie, plaaslike vervaardiging bly laag

Suid-Afrika was in Junie soos gewoonlik Namibië se grootste invoermark, met ‘n aandeel van 35,6 persent van alle invoere, volgens die Namibië Statistieke-agentskap. In die tweede posisie was Peru met ‘n aandeel van 12,3 persent, gevolg deur China wat verantwoordelik was vir 8,1 persent van totale invoere. Duitsland met 5,7 persent en Oman met 5,6 persent was onderskeidelik in die vierde en vyfde posisies. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus, wat kommentaar lewer oor Suid-Afrika wat die belangrikste invoervennoot bly.

Erastus kritiseer die maghebbers wat nie vervaardiging in Namibië aanwakker nie, maar alles wil invoer.