ANC sê daar’s nie wedywering in kabinet nie
Die ANC het berigte weerlê dat die DA hom oorskadu in die regering van nasionale eenheid. News24 het ‘n berig gepubliseer wat beweer sommige ANC-ministers is huiwerig om met die media te skakel en dat die suksesse van opposisie-ministers hulle onbevoeg laat lyk. Die ANC se woordvoerder, Zuko Godlimpi, sê daar is nie enige sprake van wedywering in die kabinet nie: