Whk kondig waterbesparing-reëls aan

Die Windhoek-munisipaliteit het ‘n kategorie D-droogte verklaar wat beteken dat waterbesparings 15 persent moet haal. Maatreëls hiervoor is dat tuine net een keer ‘n week natgelei mag word. Voertuie mag net deur gesertifiseerde kommersiële maatskappye gewas word. Alle swembaddens moet bedek word en mag nie van munisipale water hervul word nie. Geen fonteintjies word toegelaat nie. Inwoners word daaraan herinner dat daar geen kortings sal wees weens water lekkasies nie.