Red Bull se sportdirekteur verlaat span
Red Bull se gerespekteerde sportdirekteur, Jonathan Wheatley, gaan die Formule Een-span die einde van die seisoen verlaat en beplan om in 2026 by Audi se F1-projek aan te sluit. Hy het in 2006 by Red Bull begin en was sedertdien ‘n belangrike lid van die span wat sewe bestuurders-titels en ses vervaardigerskampioenskappe ingepalm het. Die 57-jarige Brit gaan volgende jaar sabbatsverlof neem voor hy Audi se spanhoof word. Red Bull se hoof, Christian Horner, beskryf sy bydrae as ‘n hoogtepunt in die span se geskiedenis.