RFA moenie nou ‘n belasting op elektriese voertuie instel nie
‘n Belasting op elektriese voertuie is van die opsies wat deur die Padfondsadministrasie ondersoek word, saam met tol-fooie op dele van sekere paaie as ‘n moontlike finansieringsoplossing vir die padinfrastruktuur. Daar is kommer veral oor elektriese voertuie omdat die administrasie staatmaak op brandstofheffings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die stigter van Electric Vehicles Namibia, Conrad Roedern, wat sê elektriese voertuie moenie nou al belas word nie.