Kenner sê ANC moet self-ondersoek doen

‘n Politieke ontleder, Levy Ndou, sê die ANC moet selfondersoek doen en op die party se rol in die regering van nasionale eenheid fokus. Dit volg na hy sy algehele meerderheid in Mei se verkiesing verloor het. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee hou van Sondag tot Dinsdag ‘n legotla in Boksburg. Hy sal na verwagting beleidsprogramme uiteensit wat op sy manifes se voorkeure gegrond is. Ndou het aan die SABC benadruk die ANC moet openbare vertroue terugwen deur die instelling van doeltreffende programme.