Drie sterf in Nigeriese betogings
Minstens drie betogers is in Nigerië se Kaduna-staat dood terwyl betogers regoor die Wes-Afrikaanse land protes aangeteken het teen stygende lewenskoste en bestuurskwessies. Mansur Hassan, woordvoerder van die Kaduna-staatspolisie, sê die polisie het traangas op betogers afgevuur en nie lewendige ammunisie nie. Die polisie het ook traangas in die hoofstad Abuja afgevuur om skares betogers uiteen te jaag. Geïnspireer deur jeug-geleide betogings in Kenia, mobiliseer Nigeriërs aanlyn om onder meer die herinstelling van subsidies vir petrol en elektrisiteit, gratis primêre en sekondêre onderwys en maatreëls om onsekerheid te bekamp te eis.