Ekonoom sê oor inflasie vir die res van ’24

Daar word verwag dat inflasie in Namibië tot 4,4 persent op ‘n jaargrondslag sal daal in Julie vanaf 4,6 persent in Junie, grootliks as gevolg van laer vervoerkoste en verminderde inflasiedruk in verskeie kategorieë. Inflasierisiko’s bly egter hoog as gevolg van droogtetoestande, valuta-onbestendigheid en potensiële geopolitieke spanning. Dit is volgens Helena Mboti, ‘n ekonoom by FNB Namibië. Sy sê dat ten spyte van die korttermyn-daling, word verwag dat inflasie vanjaar gemiddeld 4,5 persent sal beloop en die jaar op 4,2 persent sal eindig. Voortdurende kommer oor voedselonsekerheid en hoë rentekoerse sal verbruikers onder finansiële druk hou.