Ses het vermiste man in Walvis aangerand, vyf gevang maar man steeds spoorloos
Die Erongo-polisie het nuwe inligting in verband met die vermiste Sheehama Matheus, 24 jaar oud. Volgens die mag het hy en sy meisie by haar huis saam met ander gekuier en gebraai. Matheus is daarvan beskuldig dat hy sy meisie se broer geklap het. Hy is toe erg aangerand deur ses van die mense by die braai. Die mag sê vier van die verdagtes, tussen 20 en 24 jaar oud het reeds in die hof verskyn op klagtes van aanranding met ‘n vyfde, 24 jaar oud, wat vandag sal verskyn. Donderdag se saak is tot 22 Augustus uitgestel. Matheus se familie en vriende sal vandag buite die hof betoog dat borg geweier is tot hy opgespoor is omdat hy steeds sedert 27 Julie vermis is.