Alles in plek vir Olie- en Gaskonferensie
Namibië gaan van 20 tot 22 Augustus die Olie- en Gaskonferensie in Windhoek aanbied. Die geleentheid bring sleutelrolspelers in Namibië se olie- en gasbedryf, die burgerlike samelewing en die publiek bymekaar om menings uit te ruil oor die potensiaal, geleenthede en risiko’s van die vestiging van ‘n olie- en gasbedryf in die land. Jason Kasuto, voorsitter van die Ekonomiese Vereniging van Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit gaan klopdisselboom met alle beplanning en reëlings.