3D-gedrukte kunsledemate gee diere nuwe lewe

‘n Produksie-ateljee Habitat XR, bied 3D-drukdienste aan natuurlewe rehabilitasiesentrums in Suider-Afrika deur die maak van kunsledemate vir beseerde diere. Die inisiatief is gemik op diere soos skilpaaie en krokodille en om hulle lewensgehalte te verbeter. Die ateljee bied 3D-skanderings, ontwerp, en drukwerk gratis aan, onderworpe aan ‘n evaluering. Hulle sê die baanbrekerspoging beloof ‘n nuwe lewe vir talle diere.