Alcaraz, Djokovic op koers vir tennis-goud
Olimpiese Spele: Novak Djokovic van Serwië en die Spanjaard, Carlos Alcaraz, is steeds op koers om sake uit te spook vir tennis-goud in Parys. Albei is deur na die kwarteindstryde vir mans. Topgekeurde Djokovic kom volgende teen Stefanos Tsitsipas van Griekeland te staan, terwyl die tweede gekeurde Alcaraz te staan kom teen die Amerikaner, Tommy Paul. Casper Ruud van Noorweë, Felix Auger-Aliassime van Kanada, Alexander Zverev van Duitsland en die Italianer, Lorenzo Musetti, is die ander mans in die kwarteindronde. Die wedstryd om die goue medalje vind Sondag plaas.