Okh-inwoners reël betoging teen burgemeester
Die Okahandia Concerned Group sal ‘n vreedsame betoging vir 7 Augustus hou om langdurige munisipale bekommernisse aan te spreek. Hulle spreek teleurstelling uit dat die burgemeester nie ‘n geskeduleerde vergadering op 30 April bygewoon het nie, en dat geen verskoning of opvolg gedoen is nie. Hulle bevraagteken die huidige burgemeester se verbintenis om hul bekommernisse aan te spreek en soek ‘n verduideliking vir die gebrek aan betrokkenheid. Kosmos 94.1 Nuus het met die Okahandja-aktivis Sydney Gariseb gepraat.