Handelstekort krimp in Junie
Gedurende Junie 2024 het die land se handelsbalans op ‘n tekort van 825 miljoen Namibiese dollar ingekom, ‘n merkbare verbetering in vergelyking met 3,4 miljard dollar en 1,5 miljard dollar wat onderskeidelik in Mei 2024 en Junie verlede jaar aangeteken is. Dit is volgens die jongste Handelsstatistiekbulletin deur die Namibiese Statistieke-agentskap. Die skakelbeampte Mirjam Shihepo, het meer.