Wat het geword van Amushelelo se twee vakbonde?

Vrae het ontstaan oor die twee vakbonde, een vir kleinhandel en die ander vir sekuriteitswagte, wat die aktivis Michael Amushelelo gestig het, veral met sy verandering van politieke partye en die feit dat hy aansoekfooie aanvaar het. Amushelelo het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat ‘n vakbond vir die verteenwoordiging van kleinhandelwerkers in Namibië gestig gaan word. Hy sê die vakbond sal nie met politieke partye geaffilieer wees nie.