Vier in hegtenis na verregse onluste in SouthportJuly 31, 2024
In Brittanje is 53 polisiebeamptes beseer en vier mans in hegtenis geneem ná verregse onluste in Southport, wat uitgebreek het na ‘n mesaanval drie kinders doodgemaak het. Die Merseyside-hoofkonstabel, Serena Kennedy, sê drie polisiehonde, Zoe, Ike en Quga, is ook beseer. Kennedy sê die oproeriges was daar “suiwer vir rampokkery en boewery”. Sy skat dat 200 tot 300 mense betrokke was en sê nog oproeriges sal in hegtenis geneem word.