TotalEnergies staak SA olie- en gasprojekte, omgewingsgroep juigJuly 31, 2024

Die omgewingsbelangegroep The Green Connection, het TotalEnergies se aankondiging verwelkom dat hy afstand gaan doen van twee aflandige olie- en gasprojekte in Suid-Afrika. ‘n Filiaalmaatskappy van TotalEnergies het ‘n belang van 45-persent in ‘n blok aan die land se suidkus waar die Brulpadda- en Luiperd-velde ontdek is. Lisa Makuala van Green Connection sê beleggings in fossielbrandstowwe wat klimaatsverandering veroorsaak, behoort in die verlede want daar is genoeg reserwes vir ‘n oorgang na volhoubare energie.