Veterane ‘moet toelae en Heldedag skei’
Reaksie word ontvang op die aanmerking deur verdedigingsminister Frans Kapofi wat dit duidelik gemaak het aan oorlogsveterane dat Heldedag altyd deel sal vorm van die Namibiese kalender en dat Heldedag afgestorwenes herdenk en nie lewendes nie. Dit kom na ‘n vergadering met die veterane waar hulle eis enige begroting wat die Heldedag toegeken is aan hulle en die sogenaamde “struggle kids” oorbetaal moet word. Oud-eerste minister Nahas Angula, ook die voormalige lynminister, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Meer as 2 miljard Namibiese dollar word jaarliks op talle voordele vir veterane bestee. Hulle is die beste versorgde groep in die land.