O&L-groep neem volle besit van Broll NamibiaJuly 31, 2024
Die Ohlthaver & List Group het die suksesvolle verkryging van die oorblywende 49,9 persent van aandele in Broll Namibia aangekondig. Die aandeel is voorheen deur die Broll Property Group gehou. Hierdie transaksie, effektief vanaf 1 Julie, is ‘n belangrike mylpaal in die groep se bereiking van sy Visie 2029. Kosmos 94.1 Nuus het oor die transaksie gesels met Sven Thieme, die voorsitter en uitvoerende hoof van die Ohlthaver en List-groep.