EFF eis Vaardigheidsfonds-diewe se arres

Die EFF se Studentebevelstruktuur eis die onmiddellike inhegtenisneming van almal betrokke by die plundering van die Nasionale Vaardigheidsfonds van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding. ’n Forensiese verslag het onthul dat 123-miljoen-rand uit die fonds gebruik is om ’n plaas en luukse voertuie te koop. Dit het ook bedrog en nie-lewering van dienste aan die lig gebring, wat daartoe gelei het dat miljoene rand nie verreken is nie. Die EFF sê dié growwe misbruik van openbare fondse is ‘n regstreekse aanslag op die integriteit van die onderwysstelsel.