Erongo-dwelmvondse ‘antwoord op publiek se kommer’
Die Erongo-polisie se dwelmvondse is gereeld in die nuus, veral met hulle ondersoeke en beslagleggings aan die kus. Baie van die operasies is intelligensie gedrewe, met ook lede van die mag wat in gewone klere werk. In die jongste geval is amper 2,3 kilogram skunk-dagga in ‘n dwelmhuis in Tutaleni, Walvisbaai gevind ter waarde van 114 250 Namibiese dollar. Twee Namibiërs is in hegtenis geneem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie, wat sê hulle het reageer op kommer van die publiek.