Omgewing kyk steeds na sandmyn-klagtes in Swakoprivier
Die omgewingskommissaris Timoteus Mufeti sê die sandmyn-aktiwiteite in die Swakop-rivier naby Okahandja het die nodige klarings. Dit kom na ‘n petisie wat in April vanjaar ingedien is deur inwoners in en om die rivier wat aantygings van oortredings gemaak het. ‘n Span is uitgestuur en Mufeti sê hulle het ondersoek ingestel. Hy sê daar is aktiwiteite wat nie toegelaat is nie en die maatskappy is daarvan ingelig maar, die ondersoek duur steeds voort.