SARB-president spreek kommer oor gryslys uit
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago sê die feit dat Suid-Afrika op die gryslys van die Finansiële Aksietaakspan is, hou steeds ‘n gevaar in vir die land se ekonomiese vooruitsig en finansiële bestendigheid. Suid-Afrika is ‘n jaar gelede op die gryslys geplaas weens die regering se mislukking om internasionale standaarde en regulasies teen geldwassery en terrorisme-befondsing af te dwing. Kganyago sê die regering het in ‘n groot mate agt van die 22 aksie items wat die taakmag geïdentifiseer het aangespreek: