Beplanning vir agri-versekering vorder goed

Namfisa het ‘n omvattende padkaart vir die Agri-Indeks Versekeringprogram aan die finansminister, Ipumbu Shiimi, voorgelê. Volgens The Brief skets die strategiese plan die regulatoriese raamwerk en bedryfsriglyne vir die innoverende versekeringsproduk wat daarop gemik is om landbourisiko’s te versag. Die Agri-Index Versekering-program is gerig op kleinskaalse boere, veral in landelike en kommunale gebiede en het ten doel om ‘n veiligheidsnet vir boere teen verskeie landbourisiko’s te bied, wat die veerkragtigheid van die landbousektor verbeter. Kosmos 94.1 nuus het met die Minister van Landbou Calle Schlettwein gesels.