Nie alle werkers by Naute se dadelprojek is gelukkig nie

Die arbeidsonrus by die Nida-dadelprojek naby Naute is onder beheer na onlangse protesaksies vir beter voordele en salarisse. Die werknemers het ‘n verhoging van 5,4 persent aanvaar. Maar, volgens die LPM se raadslid vir die Keetmanshoop landelike kiesafdeling, Willem Labuschagne, is dit nie tot voordeel van almal nie want hulle is al jare, sommige vir 20 jaar, deeltydse of seisoenale werkers.