SA en VSA brei handel uit, Agoa gaan (hopelik) voort
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau sê Suid-Afrika en die VSA het ingestem om die bilaterale handels- en beleggingsraamwerkooreenkoms te laat herleef. Dit sal bykomend wees tot die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, wat volgende jaar verval. Tau sê hy vertrou Suid-Afrika loop nie die risiko om uitgesluit te word van AGOA nie. Dit stel sekere Afrikalande vry van belasting op uitvoere na die VSA: