Romeo Scheifer is terug in die hof
Romeo Schiefer, wat op 24 Oktober 2013, 48 jaar tronk toe gestuur is vir die moord op sy ouers Frans en Francina op 18 Januarie 2008 is weer vandag op die hofrol. Hy het laat verlede jaar stukke in ‘n dringende aansoek ingedien waarin hy sê dat die polisie se prosedures tydens sy arrestasie, bekentenis en waarskuwingsproses ongrondwetlik is omdat dit sy regte geskend het. Hy vra die hof om dus dit onwettig te verklaar. Hoofbetoë is reeds deur die partye ingedien en regter Eileen Rakow hoor die saak aan.