Amerikaners hoor in September of hulle kan appelleer
Regter Christie Liebenberg sal op 9 September uitspraak lewer in die aansoek vir verlof tot appèl deur die twee Amerikaners, Marcus Thomas en Kevan Townsend. Die twee is verlede jaar skuldig bevind aan die moord op die Namibiër André Heckmair in 2011. Thomas is tot 30 jaar gevangenisstraf gevonnis, terwyl Townsend 29 jaar gevangenisstraf opgelê is in verband met die moord in Windhoek op 7 Januarie 2011. Heckmair is in ‘n stil straat in Klein Windhoek met ‘n enkele kopskoot vermoor. Sy lyk is in sy voertuig ontdek.