Mynwese op landbougrond wek kommer vir TLU SA
Die landbou-organisasie TLU SA sê hy is bekommerd oor die toenemende aantal aansoeke om myne op landbougrond te begin. Bennie van Zyl van die organisasie sê die situasie vereis onmiddellike aandag van die regering. Hy sê TLU SA bly verbind tot die bewaring van landbougrond en die beskerming van gemeenskappe teen die nadelige uitwerking van onbeheerde mynbedrywighede: