Eiendomsagente verwerp skuld vir gryslys in SA
Eiendomsagente ontken bewerings hulle vertraag Suid-Afrika se verwydering van die gryslys. Die jongste statistieke van die Finansiële Intelligensiesentrum toon slegs 66-persent van eiendomsagente het risiko- en voldoeningsverslae ingedien. Die agente beweer die sentrum het sy persentasie voldoening op verkeerde data gegrond. Talle is ook besorg oor ‘n gebrek aan verteenwoordiging oor die voldoeningskwessie op die Finansiële Aksie-taakspan. Ander sektore wat volgens berigte ook die verwydering vanaf die gryslys vertraag, is die verskaffers van trustdienste, regspraktisyns en diensverskaffers aan maatskappye.