EFF wens Maduro geluk, sê hy plaas mense se belange eerste
Die EFF het president Nicolás Maduro van Venezuela gelukgewens met sy herverkiesing. Duisende mense het gister in die middestad van Caracas betoog en geëis die regering moet uitgeskop word oor beweerde verkiesingsonreëlmatighede. Die opposisie sê Maduro se verklaring van sy oorwinning is bedrieglik. Die EFF sê Maduro se oorwinning getuig van die reuse-vordering wat hy gemaak het omdat hy die behoeftes en welsyn van die massas bo die belange van die elite gestel het.