Saftu sê Mashatile se aanmerkings oor SAL is roekeloosJuly 30, 2024

Die vakbondfederasie, Saftu, veroordeel adjunkpresident Paul Mashatile se opmerking dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens aan die privaat sektor verkoop word. Hy het in ʼn onderhoud gesê die regering is nie in die lugvaartbedryf nie, daarom is dit dalk beter om privaat spelers aan boord te bring om die SAL weer winsgewend te maak. Saftu-woordvoerder, Trevor Shaku, sê Mashatile se opmerkings is roekeloos en klink soos iemand wat hom ten koste van die publiek in die privaat sektor gewild wil maak: