Sainz sluit by Williams aan, Hamilton vat Sainz se plekJuly 30, 2024
Die Ferrari-renjaer Carlos Sainz gaan volgende jaar by Williams aansluit nadat hy ‘n twee jaar kontrak met die dié Formule Een-span gesluit het. Die Spanjaard sal by Williams se Alex Albon aansluit en sal by Ferrari vervang word deur die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton. Die Williams-baas, James Vowles, beskryf Sainz se ondertekening as ‘n sterk verklaring van voorneme. Sainz sê hy is vol vertroue Williams is op die regte plek om sy Formule 1-reis voort te sit: