EU senuagtig… Trump wil ‘boor, boor, boor’
Europese maatskappye wat op skoon energie fokus, laat vaar uitbreidingsplanne, maak gereed vir laer verkope, en sien befondsing van Amerikaanse projekte in twyfel weens vrese oor wat ‘n potensiële verkiesingsoorwinning vir Donald Trump vir die sektor kan beteken. Trump het die president Joe Biden se beleid om klimaatsverandering te beveg afgemaak as ‘n groen bedrogspul en sal na verwagting probeer om baie van sy administrasie se werk ongedaan te maak. Hy het reeds te kenne gegee dat wanneer hy oorneem hy sal boor, boor boor… in sy woorde.