So ‘verdien’ Charles en kie hulle ‘lone’

Ooit gewonder waar Charles-hulle al die geld kry? Brittanje se koning Charles III is gereed vir ‘n loonverhoging van 45 miljoen Britse pond, of 58 miljoen Amerikaanse dollar nadat winste by die koning se openbare landgoed, Crown Estate, meer as verdubbel het. Crown Estate finansier die monargie en sy waarde het met 148 persent toegeneem van 443 miljoen pond in 2022-2023 tot 1,1 miljard pond vanjaar. Die Crown Estate word deur die Britse monarg besit, maar word onafhanklik bestuur en sy inkomste word aan die regering gegee. In ruil daarvoor ontvang die monargie tans 12 persent van sy winste. Dit was altyd 25 persent maar, die styging is verwag en dit is halveer. Sou dit steeds op 25 persent gestaan het dan sou die koninklike huishouding 275 miljoen pond ontvang het… maal dit met 23!