Dodelike val in Otji: Werkgewer moet aanspreeklik gehou word

Mahongora Kavihuha, die sekretaris-generaal van die Namibiese vakbondkongres Tucna, het gereageer op die dood van die 59-jarige Matheus Utumune die naweek toe hy van ‘n watertoring in Otjiwarongo geval het. Hy was deel van ‘n span wat ‘n lekkasie reggemaak het en het volgens ooggetuies geen harnas gedra nie. Kavihuha sê die man se werkgewer is aanspreeklik. Hy verduidelik.