Eenheidsregering bevorder ongelykheid, armoede – EFF
Die EFF-leier Julius Malema sê die land se nuwe leierskap is ‘n koalisie van die ANC en die DA, wat hom as ‘n regering van nasionale eenheid voordoen. Hy voer aan Suid-Afrika kan nie verenig word deur mense wat staatsondernemings wil privatiseer nie. Malema beskuldig die regering daarvan dat hy op die privaatsektor en markte staatmaak om ongelykheid, chroniese werkloosheid en armoede op te los: