Komplekse lewe het dalk 1,5 miljard jaar gelede ontstaan

‘n Groep wetenskaplikes het nuwe bewyse gevind wat daarop dui ingewikkelde lewe het dalk 1,5 miljard jaar vroeër begin as wat voorheen aanvaar is. Die wetenskaplikes, wat in Gaboen werk, het in rotse afgekom op tekens van dierelewe wat 2,1 miljard jaar terugstrek. Die organismes is tot ‘n binnelandse see beperk en het uiteindelik uitgesterf. Die teorie, wat die aanvaarde geloof uitdaag dat dierelewe ongeveer 635 miljoen jaar gelde begin het, lok debat onder wetenskaplikes uit.