Spele: Groot tennisname kom teen mekaar te staan
Twee van tennis se mees gevierde spelers, die Spanjaard Rafael Nadal en Novak Djokovic van Serwië gaan vir ‘n rekord 60ste keer in hulle loopbane vandag in die tweede ronde in Parys teen mekaar te staan kom. Nadal het die Hongaar Marton Fucsovics met 6-1, 4-6, 6-4 geklop terwyl Djokovic maklik met die Australiër Matt Ebden afgereken het. Nadal hou die rekord van 112 stelle teenoor 4 op Roland Garros waar hy 14-keer as kampioen gekroon is. Die goue medalje wenner by die Tokio-spele, Alexander Zverev van Duitsland, die Noorweër Casper Ruud en Stefanos Tstitsipas van Griekeland is ook deur die tweede ronde.