Selfone gekonfiskeer in interne ondersoek by binnelandse sake oor uitlek van dokument

Plaaslike media berig dat binnelandse sake ‘n interne ondersoek geloods het na inligting oor ‘n sogenaamde ‘goue visum’ na die media uitgelek het. Die visum sal permanente verblyf aan ryk buitelandse beleggers gee. Volgens The Namibian, is die selfone van vyf senior beamptes gekonfiskeer. Die nuus kom kort op die hakke van berigte dat die beleggings bevorderingsraad meen binnelandse sake moet ryk buitelanders wat sou belangstel om plase in die land te koop om hier af te tree, permanente verblyf gee.